Aa  Aa  Aa 

Aa

Aa

Aa

 
Thursday, July 30, 2015
 
 
 
 
 
 
 
 
 


Die bekende spreker Gretha Wiid is op Saterdag 29 Augustus vanjaar hier by Vredelust vir 'n vroue-oggend. Dit gaan 'n inspirerende oggend wees vir vroue in alle fases van die lewe, met die tema "Passie" - 'n brandstofinspuiting vir jou hart! Reg oor die land motiveer sy vroue, tieners en ook mans om passievol te lewe vir God, in die huwelik en die gesin. Sy het ook 'n wye reeks boeke, dvd's en ander produkte beskikbaar - sien hier.  

FOMO sorg vir lekker verversings, so kom geniet 'n oggend van bederf en inspirasie. Maak seker dat jy vroeg reeds jou bespreking doen. Koste R200pp (Early Bird Special - R150 voor einde Julie).

 

Navrae by Christell King of Louise Honeyman (info@churchadventure.co.za, 021 9490096)

 

Was jy al in 'n situasie wat jou ongemaklik of bedreig laat voel het? Sal jy weet wat om te doen in 'n gevaarlike situasie en jouself kan handhaaf?  Vroue word dikwels die weerlose slagoffers van gewetenlose misdadigers, omdat hulle nie voorbereid is nie.

Leer hoe om vinnig en veilig uit aanval situasies soos verkragting, kaping of 'n wurggreep te kom met die gebruik van minimum geweld. Kundige instrukteurs leer jou eenvoudige, effektiewe metodes in 'n gemaklike omgewing (geskik vir dames van alle liggaamstipes en vlakke van fiksheid - geen "martial arts" betrokke). Jy hoef nie 'n weerlose slagoffer te wees nie! Wees voorbereid, dit mag dalk net jou lewe red. 

Begin Maandag 10 Augustus,  18:30-20:30 

Koste R300 pp [6 sessies van 2 ure, sluit ook 'n oppasdiens vir kinders in].
Beperkte plekke beskikbaar, registreer voor die tyd by Louise Honeyman, 072 937 1024
 

Vredelust is die gasheer vir die Renewal Worship Conference wat gehou word van 6 tot 8 Augustus. Sprekers en kunstenaars sluit in Joe Niemand, Mervis, Lloyd Cele, Pam de Menezes, Pastor Lood, Julita Kok, Philip Minnaar, Allan van Niekerk, Rasheed Ferguson, William Loedolff en Inelda Holtzhausen. Die konferensie vind in die dag plaas van 9 tot 4 met lesings, paneelbesprekings en werkswinkels.  

Daar sal al drie aande om 19:00 'n "Open Worship" sessie wees wat oop is vir die publiek @ R80 ingangsfooi, waar verskillende van hierdie kunstenaars elke aand sal optree. Kaartjies sal elektronies of by die deure beskikbaar wees.

Navrae en registrasies - kontak info@churchadventure.co.za vir detail.

 
 
 
 
Oor Vredelust
 

Hier by Vredelust wil ons 'n plek wees waar jy met God en met ander mense kan konnekteer. Ons is mense wat lief is vir Jesus en wat ware volgelinge van Hom wil wees.

Ons nooi jou uit om ons dienste op 'n Sondag by te woon en saam betrokke te raak in 'n eietydse bediening waar ons die hande en voete van Jesus in Kaapstad wil wees – asook in die hele Suidelike Afrika. Ons is immers deel van Afrika!

 
 
 
 
Dienstye
 

Kontemporêre Dienste: Ouditorium
Oggend: 08:30, 10:00
Aand: 18:00


   

Tienerdiens - VLEG: Aktiwiteitsentrum

18:00- 19:15

 
 
 
 
Kontak Ons
 

Adres: No 87, Dertiende Laan, Boston, Bellville 7530 (Agter Brights Hardware)

Telefoon: (021) 949-0096

Faks: (021) 949-5978

E-pos: info@churchadventure.co.za

 
 
 
 
Vredelust Gemeente Copyright 2010-2014 - Created by DWS