Living Network het einde 2002 ontstaan as ‘n bediening van Vredelust Gemeente. Die bestuur word hanteer deur die Beheerraad wat bestaan uit verteenwoordigers van 3 gemeentes asook persone uit die gemeenskap. Eersdaags sal die registrasie van die Art 21 - Maatskappy afgehandel wees.
Living Network se visie is saam versorg en laat ons groei.
Die doel van Living Network is
- 'n Christelike organisasie - 'n organisasie wat aan enige persoon in nood sorg en hoop wil bring. Nà assessering moet soms allereers voorsien word in die basiese behoefte bv kos, komberse ens. Graag wil ons vir mense in nood ‘n skuiling en skaduwee bied soos ons Hemelse Vader vir ons bied Jes 4: 5-6.
- Gemeenskapsgebaseerd - behoeftes word in die gemeenskap geïdentifiseer en persone/hulpbronne in die netwerk word gemotiveer om as vennote te dien en in die behoeftes te voorsien.
- Persoonlike Bemagtig - persone word gehelp om hul eie potensiaal te ontdek en te ontwikkel. Deur middel van die netwerk van hulpbronne word hierdie persone gehelp om vaardighede aan te leer, betrekking te bekom en sodoende te groei en ontwikkel op fisieke, emosionele, spirituele en intellektuele gebied. Middelafhanklikes word waar nodig ondersteun om na rehabilitasiesentrums te gaan.

Om die doelwitte te kan realiseer het ons jou donasies, kundigheid, omgee en voorbidding nodig.
13e Laan 87, Boston, Bellville 7530
tel 021 950 4455 faks 086 682 5819 livnet@churchadventure.co.za
www.LivingNetwork.org.za
Art 18 (a) 1 Vrygestel van belasting Regnr 2010/000839/08