God se Beginsel van Eerste Dinge – Die gee van tiende
¨ Ons lees in Lev 27:28 van dinge wat aan God “gewy” is (“devoted things”).
¨ Dis ‘n woord wat baie gebruik word en beteken die onomkeerbare oorgee van iets of iemand aan die Here, gewoonlik deur vuur verteer of opgebruik (wanneer dit met offers te doen het).
¨ In die Ou Verbond beteken dit (vgl. Eks 13:1vv.) dat onder andere God beslag lê op alle eersgeborenes – die eerste van die diere, kinders, kos ens. – die Here sê dis syne (vgl vers 11).
¨ Eersgeborene, eerste vrugte, eerstelinge is begrippe wat te doen het met die eerste gebore manlike kind (Eks 13:12-15; Num 18:15-16); die eerste landbouprodukte van ‘n seisoen (Eks 23:119, Lev 23:10, Num 15:20-21, Deut 26:1-11); kos produkte (Num 18:12-13, Deut 18:4, Eseg 44:30) en die eersgebore rein en onrein diere (Eks 13:12-13; Lev 27:26-27).
¨ Hierdie “eerste dinge” het ‘n spesiale status in Ou Testament – so is die eerste vrugte aan God gegee in ‘n ritueel as erkenning van sy eienaarskap van die aarde (Ps 24:1) waar mense slegs bewoners is. Hierdie oorgee aan God maak sy seën los op die ander wat volg (Lev 19:24, Spr 3:9-10).
¨ God sien die eerste deel as die wortel wat die res bepaal (Vgl Rom 11:16). Die eerste verteenwoordig die geheel – wat eerste is en waarvoor dit gebruik word, bepaal wat met die res gebeur.
¨ Die “eerste dinge” is altyd die Here sin en is altyd daar vir gebruik en vernietiging (Eks 22:29)
¨ Gebeure wat hierdie beginsel demonstreer:
--Israel se gebondenheid en verlossing uit Egipte (Eks 12)
--Abraham en Isak (Gen 22)
--Jerigo, die eerste stad in die beloofde land, behoort aan God (Jos 6)
--Jesus (Rom 8:29, Kol 1:15, 18)
¨ Die eerste vrugte, eerste dinge, toegewyde dinge word ook in die Ou Testament die tiende genoem (Lev 27:28-30).
¨ Die tiende is nie deel van die vloek nie, dit het reeds voor die wet bestaan (Vgl Eks 14:20)
¨ Die volle krag van die tiende word ontsluit (Mal 3:10-12) wanneer dit as die eerste deel gegee word, met ander woorde dit word heel eerste opsy gesit aan die begin van die maand.
¨ Om 10% te gee vra nie geloof nie (indien ek genoeg oor het gee ek my tiende) – wanneer dit egter die eerste deel is kom geloof ter sprake en verkry dit volle waarde en krag.
Wat leer die bybel oor die tiende?
VRAAG: Wat is 'n tiende?
ANTWOORD: 'n Tiende is 10% van my inkomste – die eerste deel van my inkomste.
VRAAG: Wat is die verskil tussen 'n tiende en ‘n offerande?
ANTWOORD: Om 'n tiende te gee is om 10% van jou inkomste te gee. Om 'n offerande te gee is enigiets wat jy gee bo en behalwe jou tiende.
VRAAG: Waar moet ek my tiende gee?
ANTWOORD: Waar ek aanbid en geestelik gevoed word
VRAAG: Wanneer moet ek ‘n tiende gee?
ANTWOORD: Gereeld.
Elke eerste dag van die week … moet julle eenkant sit. (1 Kor 16:2)
Honour the Lord with the first part of your income. (Spr 3:9-10)
VRAAG: Waarom moet ek my tiende gee?
Ø Die Here verlang dit.
A tenth of all your products is the Lord's and it is holy. (Lev 27:30)
Ø Omdat Jesus dit bevestig het.
Yes, you should tithe and you shouldn't leave the important things either. (Mat 23:23)
Ø Tiende gee leer my dat die Here eerste in my lewe is.
The purpose of tithing is to teach you to always put God first in your life. (Deut 14:23)
Ø Die tiende laat my onthou dat alles wat ek verdien van die Here is.
Always remember that it is the Lord your God who gives you the ability to produce wealth. (Deut 8:18)
Ø Die tiende gee inhoud aan my dankbaarheid.
Each of you should bring a gift in proportion to the way the Lord your God has blessed you. (Deut 16:17)
Ø Die Here sê om nie ‘n tiende te gee nie is om Hom te beroof.
Julle beroof my en julle sê:waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawes. Bring die hele tiende na my skathuis. (Mal3:8)
Ø Die tiende gee jou 'n geleentheid om te bewys dat die Here sal voorsien.
Beproef my tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek nie die vensters van die hemel sal oopmaak en oor julle oorvloedige seën sal uitstort nie. (Mal 3:10)
Die woord "beproef" beteken letterlik: "Put me to a scientific test!"
Ø Tiende gee bewys dat ek die Here regtig liefhet.
As julle My liefhet sal julle doen wat Ek beveel het. (Joh 14:15)
God het 'n blymoedigegewer lief. (2 Kor 8:7)
