Wat is Vredelust Connect?
'n Gesonde, sterk familie bly nog steeds die beste plek vir groei en ontwikkeling. Het jy al connect met ander gelowiges in die Vredelust familie? Indien jy nog nie ingeskakel het by ‘n kleingroep nie, of jy wil aansluit by die gemeente is Vredelust Connect net die ding vir jou. Dis ‘n lekker informele geleentheid wat aan jou die geleentheid bied om ander mense in die gemeente te ontmoet, en ook sommer net daar en dan in te skakel by ‘n kleingroep. Indien jy nuut is in Vredelust of al ‘n tydjie hier aanbid, maar nog nie voel dat jy lekker jou plek gevind het nie, is dit die ideale plek om te begin.
Volgende Geleenthede
Datum: Maandag 30 Januarie 2012 of 27 Februarie 2012
Tyd: 18:30 - 20:00
Plek: Vredelust Restaurant
Moet ek voor die tyd inskryf?
Ja, ons wil graag vir jou verversings verskaf, so hoewel die geleentheid gratis is wil ons vra dat jy 'n inskrywingsvorm sal voltooi voor die tyd.
Jy kan hier inskryf.
Vir verdere navrae kontak info@churchadventure.co.za.