Dis ‘n uitvloeisel van ons visie “Verander lewens en gemeenskappe”om te ervaar dat mense gered, genees en vrygemaak word, asook dissipel en toegerus word sodat hulle diensbaar kan wees terwyl God se krag in en deur hulle manifesteer. Hierdie konsepte gaan op ‘n Sondag behandel word en dan ook in die week in kleingroepe bespreek word. Maak dus seker dat jy in ‘n kleingroep is.
Indien jy nog by ‘n groep wil aansluit, woon een van die Connect-aande by, of kontak Christell King by cking@churchadventure.co.za. Indien jy emosionele seer of trauma beleef, sal jy baie baat vind by Travel Lite of Divorce Care, wat jou wil help om van daardie bagasie ontslae te raak. Kontak Karin Muller by karin@churchadventure.co.za.