Dag 146
Oggend
Psalm 100 LB
Shout with joy before the Lord, O earth! 2 Obey him gladly; come before him, singing with joy. 3 Try to realize what this means—the Lord is God! He made us—we are his people, the sheep of his pasture. 4 Go through his open gates with great thanksgiving; enter his courts with praise. Give thanks to him and bless his name. 5 For the Lord is always good. He is always loving and kind, and his faithfulness goes on and on to each succeeding generation.
Middag
1 Samuel 17:36-47 NLV
36 Ek het dit al met sowel ’n leeu as ’n beer gedoen, en hierdie onbesnede Filistyn sal soos een van hulle word omdat hy die leër van die lewende God beledig het! 37 Die HERE wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!” Saul het uiteindelik ingestem. “Goed, doen dit,” sê hy. “En mag die HERE met jou wees!” 38 Saul laat Dawid toe sy eie uitrusting aantrek: ’n bronshelm op sy kop en ’n borsharnas. 39 Dawid het ook sy swaard bo-oor sy uitrusting vasgemaak en probeer loop, want hy het dit nog nie vantevore gedra nie. “Ek kan nie hiermee loop nie,” sê hy. “Ek is nie daaraan gewoond nie.” Daarom het hy die uitrusting uitgetrek. 40 Hy neem toe sy herderstok, soek vyf gladde klippies in die spruit en sit dit in sy slingersak. Met sy slingervel in die hand loop hy die Filistyn tegemoet. 41 Die Filistyn het na Dawid toe gekom, met sy skilddraer voor hom. 42 Toe hy hom sien, het hy hierdie jong, rooibruin gebrande en aantreklike seun geminag. 43 Hy skreeu vir hom: “Is ek ’n hond dat jy met ’n stok na my toe kom?” Toe vervloek hy Dawid by die Filistyne se gode. 44 “Kom nader sodat ek jou vleis vir die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee!” skree hy. 45 Maar Dawid skree terug: “Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n kromswaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die HERE die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy beledig het. 46 Vandag gee die HERE jou oor in my mag. Ek sal jou doodmaak, jou kop afkap, en die lyke van die Filistynse leër vir die roofvoëls van die hemel en die wilde diere van die aarde gee. 47 Die hele wêreld sal weet dat Israel ’n God het. Almal sal weet dat die HERE nie swaard en spies nodig het om sy mense te red nie. Die oorlog is die HERE s’n, en Hy sal julle in ons mag oorgee!”
Aand
Markus 5:14-20 LB
14 Die wagters van die varke het weggehardloop en die nuus op die dorp en in die hele omgewing vertel. Die mense het van oral af gekom om te kom kyk wat gebeur het. 15 Toe hulle by Jesus kom, sien hulle die man wat die groot klomp duiwelse geeste gehad het, daar sit. Hy was nou by sy volle verstand en het klere aangehad. Dit het hulle baie bang gemaak. 16 Dié wat dit alles gesien het, het vir hulle vertel wat met die man gebeur het wat die geeste gehad het en wat van die varke geword het. 17 Toe het hulle Jesus mooi gevra om tog maar uit hulle omgewing uit weg te gaan. 18 Toe Jesus in die skuit inklim om weg te gaan, het die man in wie die geeste eers was, Hom gevra of hy kon saamgaan. 19 Maar Jesus het gesê: “Nee, jy moet huis toe gaan en vir jou mense gaan vertel hoe goed die Here vir jou was en wat Hy alles vir jou gedoen het.” 20 Die man is toe daar weg en het in die hele gebied van die Tien Dorpe gaan vertel wat Jesus alles vir hom gedoen het. Al die mense was verwonderd om dit te hoor.