Vredelust verwelkom seniors vir die wysheid, lewenservaring en lus vir die lewe wat hul toevoeg tot die Vredelust familie. Daar is heelwat geleenthede waar seniors kan betrokke raak.
Bybelstudie word gehou elke Woensdagoggend (09:00 – 10:00) by Vredelust konferensielokaal. Elke tweede en vierde Donderdag van die maand hou die Vredelust Senior Groep ‘n gesellige program – van opvoerings en uitstappies tot geestelike groeigeleenthede. Dan is daar ook nog die Augustus-basaar en die heerlike Oktober-Tee by Starck Homes. By Starck Homes, Starckwood Village en Goedgedacht word daar deurlopend interkerklike dienste aangebied, asook nagmaal elke eerste Donderdag van die maand. Deurlopende pastorale versorging word ook deur ‘n leraar en die Starck Homes Bedieningsgroep, bestaande uit vrywilligers, gedoen.
Daar word kwartaalliks ‘n spesiale blad, Die Vryburger, gratis aan ouer lidmate voorsien met geestelike pitkos. Dit verskyn in Afrikaans en Engels.
Ons help ook waar ons kan. Ondersteuningsdienste (soos hulp met inkopies, vervoer of enige iets waar daar ‘n ekstra hand benodig word) word gelewer aan ons seniors. ‘n Span gee ook spesiaal aandag aan die lidmate ouer as 80 jaar en maak gereelde kontak op hul verjaarsdae en spesaiel dae.
Het jy ‘n hart om ondersteuning te bied aan ons seniors? Of enige vrae oor ons senior-bediening? Kontak Willie van Rooyen by (021) 950-4440 of willie@churchadventure.co.za.