
Ons glo dat eintlike genesing lê daar waar ‘n ontmoeting en intimiteit is met God. Travel Lite wil vir jou daardie ruimte skep. Ons wil jou help om vorentoe te beweeg in jou geestelike reis deur jou die ‘tools’ te gee om van onnodige bagasie ontslae te raak. Sodoende kan jy lig reis en meer van God se seëninge en oorvloed ervaar. Travel Lite is net die eerste stap in ‘n proses waar ons jou wil bemagtig om ‘n verskil te maak in ‘Lewens en Gemeenskappe’. So kom geniet die reis saam met ons en kom deel in die Bonatuurlike krag wat lê in gemeenskap van gelowiges!
“..want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” Mat 18:20
Meer oor Travel Lite:
> Lesse uitgewerk volgens 8 beginsels uit Matteus 5 (die Bergrede)
> Dinsdagaande 19h30-21h00
> R200 per persoon
> Ondersteuningsnetwerk beskikbaar met verskillende hulpbronne tot jou beskikking
> Wat is ons doel?
- Connect met God en met mekaar (raak deel van die Liggaam van Christus)
- Groei (die vlees wat sterf en God se Gees wat vernuwe)
- Genesing (om totaal en al afhanklik te wees van God, ten spyte van omstandighede)
- Bemagtiging (wat is God se groter plan met jou lewe?)
Die volgende Travel Lite siklus skop af Dinsdag 7 Februarie 2012. Indien jy belangstel, kontak vir Karin Muller by karin@churchadventure.co.za / 021-950 4463. Daar is ‘n waglys, so as jy nou al wil inskryf, laat weet gerus!